Sms’e van lesers

■ ’n Pyplyn is aangelê vir Blomnek, De Rust. Miljoene rande is spandeer. Geen water. De Rust se pyplyn kon net opgegradeer word. Geen filters nie en ons water is daagliks ondrinkbaar. Kobus

■ Hier is twee vulstasies in De Rust, maar die munisipaliteit ry Oudtshoorn toe vir diesel. Daar gaan drie en meer mense saam en hulle bly ure lank weg. Kobus

■ Vyf persone verwyder vullis in die hoofstraat. Een haal vullis uit. ’n Ander een hou sak vas vir vullis en ander drie lê op hul besems. Waar is die toesig en beheer? Kobus

■ Menere van De Rust, die scrap-handelaars het kameras en registers. Mense het selfone waar­mee foto’s geneem word. Waar daar ’n rokie trek, brand daar ’n vuurtjie. Out Piet

■ Beste supermarkte, al hoe meer klan-te wil nie plastieksakke hê nie; ook nie dun plastieksakkies waarin groente en vrugte en ander produkte onnodig by die kas­registers geplaas word nie. Help klante eerder om minder plastiek te gebruik en so ons omgewing en die aarde te red. Met ’n bietjie selfdissipline kan ’n mens jou herwinbare sakke gebruik en so ook sommer baie geld spaar.

■ Kom die verantwoordelike beampte nooit langs die munisipale gebou aan Vredestraat op Oudts­h­oorn se kant nie? Daar is seker ’n jaar laas skoongemaak. Net papiere en gemors, wat ’n skande!

Moeg gekla by munisipaliteit vir algelope vyf jaar plus. Vullisbak voor ingang. Almal in omgewing kom strooi sanitêre doekies, nappies en tuinvullis. As wind waai, is hele erf vol gemors. Kan somtyds nie ingang gebruik of deur oopmaak nie. Word gepla met rotte, vlieë en het al twee slange gekry.