Sms’e van lesers

■ Dankie, Oudtshoorn Munisipaliteit, dat julle Vrydag-namiddag om 18:30 die vuilgoedsakke by die Palms kom oplaai het. Petro, die Palms

■ Die fees is nou op ’n einde en ek wil graag my mening lig: die hele fees was ’n fees! Dit was goed georganiseer – ek wil geluk en dankie sê. Ek wil ook graag noem van die waarde wat sekuriteit meegebring het. Om elke hoek en draai. Elke paar treë was hulle sigbaar, vriendelik en behulpsaam. Bravo sekuriteit! – Inwoner, Oudtshoorn

■ Dit is uiters swak maniere dat onderwysers gedurende klastyd selfoonoproepe ontvang en hulle selfone gedurig hard peep van sms’e en whatsapps en dan nog steurend vibreer wanneer op silent.

■ Vandag is dit ons SASSA-uitbetalings en ons kon nie ons geld trek nie, want Standard Bank in De Rust het toegemaak. Waar is die ANC- en DA-raadslede wat ons moet help? Nie een in sig nie. Waar moet ons môre heen, dit is ’n skande…