■ Pragtig! Die museum verlig op ’n donker aand! ’n Vreugde! Die ander gesig… Parkweg, lank en breed. Tragiese boompies wat sal oorleef met grys water, hoekom is dit nie moontlik vir die munisipaliteit nie? En die middelmanne voor die Weermagkamp! Onkruid, verminkte stompiebome! En dis ’n paar weke voor die KKNK! Dalk vind ’n wonderwerk plaas! Ons wag! Besorgde Engela Olivier

■ Ek is ’n inwoner van Dysselsdorp en stuur ’n foto van hoe dit op die hoek van PJ Badenhorststraat lyk. En ons betaal rates en water om elke dag in hierdie vullis vas te kyk.
■ Kan iemand die posmeester vra om die poskantoorgebou aan die buitekant te laat was asseblief! Die kunstefees is oor ’n maand en die mooi gebou is smerig vuil. Johan
■ As a punished rate payer I would love to know how much money the municipality saved on expenses to alleviate the burden on our people to help pay outstanding debts.
■ Twee familielede binne drie dae beroof deur straatkinders. Straatkinders moet nou in munisipale verkiesings staan vir verkiesing, want hulle “rule” al in die dorp.