Deur Liesel le Roux
Oor die afgelope digby 18 jaar sedert ek en Schalk Die Hoorn in die Klein Karoo geloods het, staan ons en ons koerant figuurlik gesproke op die skouers van die mense van die streek – al die baie wat ons oor die jare ondersteun en gehelp het, die wat insia-tiewe gesteun het, en ons aangemoe- dig, uitgedaag, rigting gegee en geïnspireer het.
Onder hulle was daar ’n hele paar wat oor die jare gereelde medewer-kers geword het – van hulle deur maandelikse rubrieke vir Die Hoorn te skryf.
Een van hulle is Reinderd Visser, die man wat die afgelope vier jaar deur middel van navorsing plaaslik en in Europa op die pad geloop het van inwoners van die Klein Karoo wat betrokke was by die Eerste Wêreldoorlog.
Reinderd se toewyding en geesdrif vir dié projek wat uiteindelik veel groter geword het as wat hy of ons voorsien het, sal ons altyd bybly.
Dit was vir Die Hoorn ’n voorreg om hierdie stuk geskiedenis te pu-bliseer. Dankie, Reinderd!
Lesers kan gerus ’n glasie wyn, of koppie koffie, klink op Reinderd vir sy harde werk die afgelope jare.
En lig ook jou beker of glas vir al ons baie toegewyde rubriekskrywers oor die jare: ons dink aan staatmakers soos Poem Mooney, Johan Strasheim, Arno Greyling, Deon Bosman, Wentzel Botha, Louis Jordaan, Surina Serfontein, wyle Hannes Conradie, Ian Mileham en Tania Smit.
Nogmaals baie dankie!
– Liesel le Roux