Deur Liesel le Roux

Dit is goeie nuus vir toerisme dat die Rust en Vredewaterval buite Oudtshoorn (foto regs) weer oopgestel is na April se vernietigende flitsvloed.
Dit is ook goeie nuus dat toeriste weer die Swartbergpas kan begin gebruik.
Landbou en toerisme is die twee pilare waarop die ekonomie van dorpe in hierdie streek gebou is, en met die huidige droogte, swak pryse vir volstruisprodukte en die invloed van Avian Infuenza is die druk op die landboubedryf groot. Dit maak die belangrikheid en rol van toerisme tans net groter – vir Oudtshoorn en Calitzdorp en Ladismith en De Rust en Dysseldorp en Prins Albert. Dié streek is afhanklik van ons toerismebesienswaardighede om mense en ’n inkomste na ons streek te lok.