Liesel le Roux
DIT is die doeners wat die wêreld ver-ander, sê ene David Della Rocco.
Dié akteur sê: “There are two kinds of people in this world. You got your talkers and you got your doers. Most people are just talkers, all they do is talk. But when it is all said and done, it’s the doers that change this world. And when they do that, they change us, and that’s why we never forget them. So which one are you?”
In ons streek is en was daar al meermale sulke doeners. Soos ’n inwoner wat vroue in die streek begin bystaan het om vir hulleself ’n inkomste te verdien en finansieel onafhanklik te word. Die vroue – van onder meer De Rust en Bridgton – maak lieflike, herbruikbare inkopiesakke. Behalwe dat hulle hierdeur ’n inkomste verdien, is hul werk deel van die belangrike stryd teen plastieksakke en die verwoesting van ons planeet. Lesers sal binnekort meer oor hierdie vroue in Die Hoorn kan lees
Maandagaand by die bekendstelling van die 25ste KKNK op Oudtshoorn is teenwoordiges op ’n nostalgiese reis geneem langs die merkwaardige pad wat Nic Barrow, Andrew Marais, Pieter Fourie, Karen Meiring, Rosie Schoe-man en die ander stigterslede van die KKNK geloop het – doeners wat ’n baanbrekersfees op ’n Klein Karoodorp gevestig het.