Dié byeenkomste belangrik

Deur Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux

Oudtshoorn was sedert Saterdag ’n miernes van bedrywighede. Verblyf op die dorp is skaars. Parkering ook by tye. In baie winkels vorm langer toue as gewoonlik, en in supermarkte vlieg sekere produkte van die rakke.

Dit is lekker om die dorp so besig in die wintervakansie te sien.

Die invloed van die SA Trompoppie­kampioenskap op die ekonomie van Oudtshoorn, asook van die ander sportbyeenkomste wat die vakansie as deel van die Oudtshoorn Sportfees plaasvind, is onteenseglik, noodsaaklik en belangrik.

Dit is belangrik vir die voort­be-­ staan van besighede; dit is belangrik vir werkskepping en die behoud van werkgeleenthede; en dit is belangrik as inwoners droom oor groei op die dorp.

Oudtshoorn is bevoorreg met die nodige infrastruktuur asook kun­dig­heid vir die aanbieding van groot sportbyeenkomste, kunstefeeste en ander groot geleenthede; in ’n groot mate as gevolg van die kwarteeu se ervaring met die KKNK.

Dit is goeie nuus dat nog twee groot sportbyeenkomste op pad is na Oudtshoorn – die finaal van die 2018 SuperSport

Rugbyreeks op Sondag 15 Julie, en die SA Tweekampkampioenskap in 2020. Dit is ook goeie nuus dat die huidige raad sulke sportge­leenthede op die dorp steun.