Toe Jan van Riebeeck aan die Kaap land, was die rivier deur ons dorp deur die planteryk begroei. Die diereryk het die plantegroei so beheer dat enige vloed sonder enige skade deurgevloei het.
Na die koms van die mensdom, met die klem op die “dom”, is daar weinig inheemse plante oor om die vloedwater se energie te breek en die diereryk is nou in hokke.
Die rivier is reeds bekruip deur landerye en strukture, maar nou is dit die rivier se skuld as daar vloedskade is.
Met laagwaterbrûe sonder reëlings, die verwydering van uitheemse bome, spaansriet en betonrommel wat in die rivierloop is, kan die rivier in sy loop bly. Met ʼn groot vloed soos by Laingsburg, sal die rivier egter noodgedwonge weer deur sy ou vloedvlakte loop.
Oor die jare het die mens die ekologie al op so ʼn vlak gebring dat die KKNK nou eerder ’n “rioolkanaalbuurt” oorhet. – Katot Meyer, Oudtshoorn
Briewe van Lesers: Gedane sake het geen keer
