Gee hieraan aandag asb
Ek wil graag die stadsvaders se aandag op die volgende vestig:
Ek is ’n drawwer wat soggens vroeg opstaan. Ek ondervind die volgende probleme:
• Talle straatligte wat nie brand nie;
• Talle slaggate in Jan van Riebeeckweg en Buitekantstraat;
• Stoptekens wat nie duidelik sigbaar is nie;
• As gevolg van die slootgrawery het klippe in die paaie beland;
Spoedheuwels (Bridgton) is nie duidelik sigbaar nie.
Die toerismebedryf ly tans groot skade met veral die werkers wat afgelê moet word en sonder inkomste is.
Ek vertrou dat die stadsvaders bogenoemde sal adresseer.
– HJJ Lamprecht, Oudtshoorn
Dankbaar
Dit was met groot dankbaarheid dat ek Donderdagaand op Die Hoorn se voorblad kon lees; “Groot planne vir rivier en brug.” Dankie mnr McPherson dat u na die pleidooie van ons inwoners luister, wat graag die geskiedkundige brug, rivier en terrein langs die rivier weer aanskoulik wil sien vir inwoners en toeriste. Ek hoop net die rehabilitasieproses sal spoedig begin.
Ek is seker daarvan dat as mnr Macpherson ’n beroep doen op vrywilligers om te kom help met die opruim van die rivier sal daar gewillige hande wees om te help. Sterkte met beplanning en uitvoering daarvan.
– Marie Olivier, Oudtshoorn Aftreeoord