Briewe van lesers

Versoeke en voorstelle vir Oudtshoorn

Graag wil ek ’n versoek rig en ten sterkste aanbeveel dat ons plaaslike ower­hede en stadsbeplanners in sa­me­werking met die munisipale verkeersdienste parkeerplekke in Oudtshoorn moet identifiseer vir “drop and go”-parkeerplek vir ligte motorvoertuie en taxi’s.

Myns insiens kan dit ’n positiewe en koste-effektiewe inisiatief wees wat ons dorp (Oudtshoorn) ten goede sal/kan beïnvloed, veral met betrekking tot pasassiers.

Tweedens rig ek ’n vriendelike, dog ernstige beroep aan die publiek om voetgangers, fietsryers, motorfietse en ander motoriste te respekteer ten opsigte van vriendelike padgebruik.

Ek identifiseer ook ’n vierrigting­stopteken vir die kruising van Bloem- en Jonesstraat met die motivering dat dit ’n ongeluksone is en daarom ’n “hot spot”.

Ek doen ook ’n beroep vir die oprig­-­ting van ’n elektroniese termometer op ’n strategiese plek op ons dorp om daaglikse temperature aan te dui vir ons gemeenskap en toeriste wat die dorp besoek.

Oudsthoorniete staan saam! Ek is Oudtshoorn!
– Gustav Deelman, Oudtshoorn

Aan alle inwoners van Oudtshoorn

Dit is nou al twee maande dat ek opmerk hoe besonder skoon ons dorp is. (Miskien is dit net plekke/strate waar ek kom.)

Dit is vir my baie verblydend.

Ek sien dit ook by al die in- en uitgange van die dorp. Besoekers kan net goed praat van die plek.

Ook rommelstrooi is beperk tot ’n minimum.
Lekker om hier te woon!

Daar is ook die gehoorsaamheid van die publiek ten opsigte van die pandemie.

Die netheid van die Queen’s Mall wat deur verf opgeknap is, is opsigtelik.
Ons dank aan die munisipaliteit en van ons gewillige inwoners vir hulle bydraes.

Mag die publiek meewerk om dit so te hou en ons die boodskap van netheid uitdra.
– Magriet Coetzee, Oudtshoorn