Elkeen het reg om te verskil
Ek gaan nie in ’n polemiek betrokke raak oor hierdie onderwerp nie. Hierdie brief is my finale reaksie in verband met die aangeleentheid.
Op 20 April 2017 keer iemand my by Pick n Pay voor en druk Die Hoorn voor my neus.
Die persoon vra of ek die brief op die brieweblad gelees het, want nou kan ons laster en beledig net so lank as wat die laster of beledigende woorde in die Bybel voorkom.
Ek lees toe die brief.
Ai, ai, mens moet dit maar seker nie ernstig opneem nie. Laat ou kennisse en ou vriende maar ou kennisse en goeie vriende bly.
– Bart Vosloo, Oudtshoorn