Briewe / Letters

Inwoners moet gelag betaal

Die nuwe grond- en eiendomwaarda­sies saam die jaarlikse munisipale verhogings is bekend en inwoners steier weer onder die tariewe. Dis veral nuwe intrekkers in die landelike gebied wat swaar gestraf is.
Verlede jaar Augustus het die redakteursbrief al berig dat inwoners blykbaar nou moet betaal vir jare se wanbestuur binne die munisipaliteit.

Wat het geword van hulle wat die dorp in die gemors gedompel het?
Dit wil voorkom of die belastingbetaler vir die gelag moet betaal. Waardasies op landbougrond het die hoogte in geskiet met die gevolg dat hoër premies saam met die droogte en dit wat daarmee gepaard gaan, boerdery verder onder druk plaas.

Ek sal graag wil weet hoe vergelyk die verhogings met die van ons buurdorpe. Ja, almal moet bespaar, maar hoe bespaar die munisipaliteit?

Briewe en SMS’e van inwoners wat kla dat munisipale werkers onproduktief is en in groot getalle by een punt aangewend word, verskyn gereeld. Ja, daar is die­gene wat hul bes doen, dankie. Ons weet wie julle is, maar dat daar afde­lings is wat onderpresteer, is ook waar, daarvan getuig die talle SMS’e.

Waar is die raadslede dan, wat is hul funksie, weet hulle wat op die grond aangaan? Beslis nie op De Rust nie. Dis mos swak bestuur en ’n vermorsing van belastinggeld. Iemand moet verant­- woor­delikheid neem. Tekorte kan nie altyd van die belastingbetaler verhaal word nie.

Oudtshoorn en die hele munisipale gemeenskap se vooruitgang hang af van die kundigheid van diegene wat bestuur, maar dit sal nog gesien moet word.
– Albert Schoeman, De Rust