Woorde oor die Outeniquapas
In die Outeniquapas
Waar baie mense kanse vat
Tussen die olie op die teer
Is ook mensbloed ingesmeer
Het menige een sy lewe verloor
Deur oorhaastigheid aangespoor
Die pas is onskuldig daaraan
Op die pad val daar menige traan
Wanneer die mis dik opkom
Word mens deur motoriste verstom
Wanneer hulle verby jou jaag
Om eerste in George op te daag
Die pad word genoem as ’n gevaar
Al word daar lekker gebaljaar
Met hoë spoed die draaie om
Geen wonder dat baie daar omkom
Die dood is op enige plek
Behandel dit met groot respek
Jammer vir geliefdes wat agterbly
Nog n lewe het weggegly.
– John Emmerich, Oudtshoorn