So gooi inwoners rommel in vliegveld
Ek sluit twee fotos in wat ek onlangs geneem het van hoe dit lyk in die veld agter die treinspoor by die vliegveld, en een van die toneel tussen die erwe en die treinspoor regoor die tabak fabriek.
Ek hoop die verantwoordelikes sien die foto’s en word skaam en gaan ruim hulle vullishope op.
Dis eenvoudig skandelik dat inwoners dink hulle kan hul vullis eenvoudig oor die muur op die aangrensende oop grond gooi eerder as om dit in sakke te plaas sodat die munisipaliteit dit kan verwyder.
Dit lyk ook asof iemand dink die vullisdrom wat in Luscombepark geplaas is, daar is vir hulle persoonlike stortingsterrein.
Die verwydering van vullis is die een afdeling van die Oudtshoorn Munisipaliteit wat in ons woonbuurt nog behoorlik funksioneer. Maak gebruik daarvan en moenie jou vullis oral stort omdat jy te lui is om dit behoorlik te hanteer nie
Terloops, mnr Wagener, die Oudtshoorn Munisipaliteit het lank gelede reeds ’n beleid aanvaar van “kom ons swyg hom dood”as dit by sake van openbare belang kom. Moet dus nie enige terugvoering van agbare raads-lede of amptenare verwag nie. – GD Haasbroek, Oudtshoorn
The Caves Cycle Track
To the party concerned who is keeping it clean and tidy: Thank you very much. It is a pleasure to ride on it.
Jammer party Oudtshoorniete gebruik dit vir ’n Kayalami-resiesbaan!
A tip for the Traffic Department : set up Speed Cameras under the trees at the Buffelsdrift Game Lodge SignPost. You will make a fortune. – Bernard Herman, Oudtshoorn
