Briewe

Herlewing van Struisietrots

Ons oumanne wat in die bloeijare van skole-atletiek met ons onderwysloopbane begin het, glo tot vandag toe onbetwisbaar dat ’n skool se karakter, gees, trots en dissipline gemeet word aan sy kinders se voorkoms (dws eenvormige kleredrag en netheid), sang­-kwa­­liteit, samewerking en mededin­g- en­de deelname tydens ’n interskole­- byeenkoms.

Oorstelp van vreugde en ekstase kyk ek al sedert gisteraand by herhaling na videos op Facebook en WhatsApp van die Struisies se “Majestic Performance” tydens die onlangse LOOP-byeenkoms.

Dit dra aan my ’n sigbare boodskap van ’n Struisietrots-herlewing oor en laat my met ’n onbedwingbare knop in die keel en warmte om die hart hier in my seehuisie.

Bravo, Struisieland, Bravo!
– Johan Claassen, oud-skoolhoof Hoërskool Oudtshoorn