Baie inligting in dié munisipale kennisgewings

Deur Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux

Een manier waarop inwoners van enige munisipaliteit op hoogte kan bly van wat in hul dorp aangaan, is deur bloot die munisipale kennisge-wings te lees wat weekliks in die pers gepubliseer word.

Wil jy weet waar selfoontorings in die dorp opgaan of moontlik sal opgaan?

Weet jy dat daar ’n nuwe biblioteek in Rose Valley, Oudts­hoorn ge-bou gaan word?

Is daar internskappe of poste beskikbaar by ’n munisipa­liteit?

Is jy bewus daarvan dat vakatures in die Oudts­hoorn Munisipa­liteit se ouditkomitee tans geadverteer word?
Weet jy dat ouetehuise, kinderhuise, dagsorgsentrums, kos­huise en skuilings binne die Groter Oudts­hoorn tans kan aansoek doen vir subsidie-ondersteuning?

Weet jy wanneer die volgende raadsvergadering plaasvind en dat jy as inwoner van ’n munisipaliteit dit kan bywoon?

Weet jy dat die Oudtshoorn Munisipaliteit se bankbesonderhede binnekort verander? Dit is inligting wat jy moontlik nodig mag kry as jy geld elektronies aan die munisipaliteit oorbetaal.

Munisipale kennisgewings is een manier waarop ’n munisipaliteit met inwoners kommunikeer.

Moenie dié ge­leentheid om op die hoogte te bly by jou laat verbygaan nie.