Verlig jou kraglading die somer

Generiese foto

Met die somer op hande, en die kwik wat hoog in die termostaat stoot, word meer krag gebruik om lafenis teen die hitte te bied.

Swembaddens moet blou en reg wees, en verkoelers in huise word aangeskakel om die dag se hitte in toom te hou. Met krag wat deesdae ’n arm en been kos, of dit koopkrag of munisipale krag is, soek die meeste mense maniere om te spaar op hul maandelikse kragrekening. Hier volg ’n paar wenke:

  • Geyser: Stel jou geyser se temperatuur af na 55ºC; maak jou geyser toe met ’n geyserkombers; skakel jou geyser af as jy weggaan.
  • Stort eerder as bad.
  • Ligte: Skakel onnodige ligte af; verander gloeilampe na LED wat 80% minder krag gebruik; vervang buisligte met LED- buisligte.
  • Isolasie: Isoleer jou woning met isolasiemateriaal; seël alle vensters en deure om koue en hitte uit te hou; Isoleer warm waterpype wat aan die elemente blootgestel word.
  • Wasmasjien – Was ’n vol vrag wasgoed op ’n slag, nie bietjies bietjies nie.
  • Skottelgoedwasser – Was ’n vol vrag op ’n slag.
  • Tuimeldroër: Gebruik spaarsaam en hang wasgoed eerder op.
  • Koop energiebesparende yskaste. Stel die yskas tussen 2 ºC en 5 ºC en die vrieskas tussen -20 ºC en -22 ºC.
  • Skakel alle onnodige kragproppe af. Jou sel-foonlaaier is ’n goeie voorbeeld. Hoeveel van ons los nie ons selfoonlaaier heeldag aan nie.
  • Gebruik eerder ’n gasstoof in plaas van ’n elektriese stoof.