Ná die SAMA-kongres by Surval het die dokters en ander gaste lekker saam gekuier. Van links is dr Ellen Muller, dr Erna Rijksen (narkotiseur), Anina van der Merwe (narkotiseur), en dr Danie Cronjé (ortopeed) en sy vrou Hanlé.

Van links is dr Johan Lötter, Ronell en dr Hentie Louw, en Jane en dr Richard Moolman (chirurg van Oudtshoorn).

Dr Theunis en mev Schwartz (links), dokterspaar van Willowmore, saam met dr Herman en Marietjie Kruger van Oudtshoorn.

Saterdag se SAMA-kongres by die Surval Olyflandgoed, is die middag met ’n heerlike braaiete in Surval Olyflandgoed se gesellige onthaallokaal afgesluit.

Van links is drs Hentie Louw, Piet du Toit, Adam Barnard van Oudtshoorn, en drs Johan Snyman en Percy van Wyk van George.

Blye weersiens tuss-sen oud-Struisie, drs Wessel Vermeulen en Fanie Fourie (Stilbaai).

Ná die SAMA-kongres is die koue lywe met heerlike warm soppe en brode verfris. Bo van links is drs Dawid Welgemoed en Johan Snyman, en Hanlie Welgemoed.

Van links is dr Alwyn Beetge, internis van George, Reinet Saunders van Flordis, en dr Francois Retief, internis en gastro-enteroloog van Mosselbaai.
