Soos die einde van my dertigerjare naderkruip, kom ek agter gewigsverlies is nie bloot ’n geval van bietjie minder eet nie. Inteendeel, hoe minder ek eet, hoe meer spring daardie vetjies op die heupe en boude.
Ek wil ook darem in Desember met ’n swembroek kan loop, sonder om ongemaklik te voel.
Ek hou lankal nie meer die skaal dop nie, maar mens kan tog maar voel aan jou lyf as daar ’n ekstra lagie insulasie na die winter kom plak het wat soos ’n steeks donkie nie wil vort nie.
Ek was nog altyd lief vir oefen – nie doodoefen nie – maar besigbly.
Soos met enigiets in die lewe raak mens se tyd minder, veral hierdie tyd van die jaar soos wat AJV’s, funksies en die geskarrel voor Kersfees aanbreek.
So, met die hulp van coach Yster, van Yster Gym in Hoogstraat, pak ek nou die oefenpad aan.
Wat gim met ’n persoonlike afrigter lekker maak, is dat hy my presies kan wys hoe elke oefening werk.
Ek is maar bietjie dom met hoe wat en waar as ek alleen moet oefen.
Daar word ook seker gemaak ek begin op die regte gewigte en ook hoeveel rondtes en repetisies tydens elke oefening gedoen moet word.
So kry elke deel van my liggaam genoeg en korrekte oefening sodat ek nie dalk met bultende arms pronk, maar met stokkiebene rondloop nie.
Ek kan ook gaan oefen wanneer ek tyd het; gewoonlik net na my kinders in die og-gend by die skool af-gelaai word.
“Gim” konsentreer meer op om die lyf te “bou” soos jy hom wil hê. Dis waar die woord bodybuilding vandaan kom,” verduidelik coach Yster.
Enige oefening waar daar ’n afrigter betrokke is, in ’n groep of individueel, is natuurlik tot jou eie voordeel.
Ek vind ek sal maklik ’n verskoning kry om nie te oefen nie, of selfs te besig raak sodat daar nie tyd is om wel te oefen nie.
Dieet speel ook ’n groot rol as mens ouer raak natuurlik en op dié stadium van my lewe dink ek ek sal eerder die kalorieë opdrink in wynvorm, as om dit te eet.
Dis nou ’n week vandat ek die leefstyl ver-andering gemaak het.
Het ek al op die skaal geklim? Ja, want al sê ek ek kyk nie na die getal nie, want spiere weeg mos meer as vet, wil ek tog net sien dat die laaste week se pyn en lei-ding die moeite werd was.
Daar was twee dae wat ek nie my arms 100% kon gebruik nie en drie dae wat ek op my tone moes loop want my kuite het oornag gekrimp, maar ek voel beslis beter.
Sal ek aanhou en deurdruk? Beslis.
Ek slaap beter, voel beter en ek wil-wil my verbeel my broeke maak effens makliker vas.
Vir meer inligting oor Yster Gym, kontak vir Graham Prince by 071 100 8511.
Maak ’n afspraak en bespreek jou oefenbehoeftes met hom sodat hy vir jou ’n persoonlike oefen- en eetplan kan uitwerk.
Loer ook gerus na Yster Gym se “Black Friday” specials op bladsy 8, daar is lekker spesiale aanbiedinge vir Oudtshoorn se inwoners, van alle ouderdomme. (ANGELIQUE ERASMUS)
