Aalwyne is taai plante wat goed groei in waterskaars gebiede en is boonop maklik om aan die groei te kry. Die mooi plante kikker ook die omgewing in die kouer winterdae op met hul goue krone en trek menige tuinvoëls na ’n tuin. Die foto is op Oudtshoorn deur Higgo Jacobs geneem.