Wonderlike water

Bo: Die Kammanassiedam oorstroom sy wal Woensdagoggend. Onder: Die Stompdriftdam se damvlak staan tans op 50,12%. Foto’s verskaf

Met die wonderlike reën van die afgelope maand, is daar geen mooier gesig nie as water in riviere, vore en kanale afloop tot in die damme van die Klein Karoo.

Die Kammanassiedam, staan tans op 100,72%, en oorstroom sy wal. Dis wonderlik om te dink dat hierdie dam ’n 100 jaar oud is en op 100% kapasiteit staan.

Die Stompdriftdam, in die De Rust-omgewing staan tans op 50,12%. Hierdie dam is ook vanjaar 50 jaar oud. Stompdriftdam is groter as die Kammanassiedam.

Tot die Raubenheimerdam se dam vlakke het van 68% na 93,25% gestyg, en vlak 1 water beperkings is met onmiddellike effek op Dinsdag 16 April 2024 gelig. Die SKWGV (Stomp-driftkamanassiewatergebruikersvereniging) het op Woensdag 10 April 2024 die 100 jaar viering van die Kammanassiedam by Makietie op Volmoed, net buite Oudtshoorn gehou.

Pietman Geldenhuys het die gaste vermaak met sy staaltjies en liedjies. Pietman is ’n musikant, sanger, liedjieskrywer, komediant, akteur, Skotse persoonlikheid, eggenoot en vermaaklikheidskunstenaar. Hy staan bekend as Pietman Geldenhuys, Pietman die Skot en as Peter Mitchell. Pietman is al vir meer as 15 jaar ’n kunstenaar.

Hy is die mede-aanbieder van OppieStoep, ’n TV-reeks op kykNet. Hy was ook al te sien in verskeie TV-programme soos Noot vir Noot, Musiek Roulette, Pitstop (SABC 2), ROER (kykNet), Mystic Trio, Toks en Tjops (kykNet) en Jou Show (kykNet). Hy het ook liedjies geskryf wat deur kunstenaars soos Bok van Blerk, Andries Vermeulen, Wicus van der Merwe en Hugo opgeneem is.

Bekende inwoner en historikus, Hazel Jonker het ook verskeie interessanthede vertel oor die dam se geskiedenis en sy ontstaan.

Na afloop van die verrigtinge het gaste heerlik saam gekuier en gesmul aan tradisionele Karoo-geregte soos braaivleis, roosterkoek en koeksisters vir nagereg. (Deur Angelique Erasmus)