Gesoek: Moringa van hier vir navorsing

Bo en onder: Die Moringa plant word vir verskeie medisinale doeleindes gebruik. Foto’s: Google

Moringa (Moringa oleifera), of peperwortelboom soos dit in Afrikaans bekend staan, word gesoek vir navorsing deur Massey Universiteit in Nieu-Seeland.

Die navorsing sal deur Claudia Falch en haar span van Seed Quality Services, Klein Karoo Saad, ’n ISTA geakkrediteerde laboratorium, gedoen word.

“Meer belangstelling word in die medisinale eienskappe van Moringa getoon, en ISTA (International Seed Testing Association) is tans met verskeie projekte besig om die spesie in te sluit in die reëls wat jaar- liks gepubliseer word, vir die ge- bruik van saadtoetsing wêreldwyd,” vertel Falch.

Stuur ’n e-pos na claudia@kleinkaroo.com of kontak haar by 044 203 5279 vir meer inligting of om plante te verskaf vir die navorsing. (ANGELIQUE ERASMUS)