’n Groot groep lede van die Oudtshoorn Besigheidskamer, Agri Klein Karoo en Oudtshoorn en De Rust Toerisme het Dinsdagaand ’n gesamentlike netwerkaand van die organisasies by die Safari Volstruisplaas bygewoon. Daar word in die vooruitsig gestel dat dié suksesvolle en gesellige byeenkoms met heerlike kos en hope gelukkige trekkings nie die laaste van sy soort sal wees nie. Hier van links is die voorsitter van die organisasies, Gideon Badenhorst (Oudtshoorn Besigheidskamer), Billy Engelbrecht (Oudtshoorn en De Rust Toerisme) en Joey Potgieter (Agri Klein Karoo). Foto: Schalk le Roux