Events Calendar

14 tot 25 NOVEMBER
Dit is weer appelkoospluktyd by De Krans in Ca­litzdorp! R7,50/kg, sewe dae per week! Die bistro/deli is oop vir heerlike etes. 044 213 3314.

SATERDAG 24 NOVEMBER
NG Kerk Volmoed Vleisbasaar. 10:00. Lam, steak, maalvleis, wors, “patties”. Bekostigbare pryse. Ook jaffels, boereworsrolle, pannekoek, hambugers en poedings. Geen kaartfasiliteite of vooraf bestellings. Navrae: Clara (084 504 3377).

SATERDAG 8 DESEMBER
Klassieke Klein Karoo Kersfees met Kevin Leo, Corlea Botha, orkes olv Paul Loeb van Zuilenberg, koor olv Marinda Bothma Schutte. 19:15. Ce­lebratio Plaas, 32 km buite Oudtshoorn op sementpad. Hekke open 17:30. Kosstalletjies. Kaart­jies by PostNet Oudtshoorn – alle plekke word gereserveer. R130 – R180. Navrae: 082 802 7138.