Events Calendar

Saterdag 8 September
• Musiek vir Diere, ‘n musiekkonsert met van Oudtshoorn se beste musici om geld in te samel vir dierewelsyn in die Groter Oudtshoorn. 14:30 vir 15:00 in die NG Moederkerk. R50, verwelko­mings-muskadel van Gründheim ingesluit. Kaartjies by Bottega (oorkant die Spur in Oudts­hoorn) en die middag by die deure.
• Spring Chills with the Chilli Bites! Kom luister na die Chilli Bites by La Dolce Vita, Baron van Reedestraat, Oudtshoorn. 20:00. R80

Maandag 10 September
Caves Aftreeoord op Oudtshoorn se Opedag, Kuierdag, Mark­dag. 10:00 – 15:00. Gebak, klerasie, linne, medie­se hulpmiddels, handwerk en vele meer. Verversings. Gratis toegang.

20 – 24 September
Oudtshoorn Skaalmodel-vliegtuie by die Oudts-hoorn Lughawe. 08:00 – 18:00 daagliks. Toegang: Volwassenes R25; kinders R10. Navrae: Jaco Erasmus: 060 616 0318.

22- 24 September
Calitzdorp Vetplantfees vind plaas. Dit is ’n toonvenster vir Suid-Afrika se pragtige en skaars vetplante, terwyl vetplante van regoor die wêreld ook by die fees te sien sal wees. Velduitstappies, opvoedkundige praatjies, werkswinkels, stalletjies, veiling van seldsame plante. Meer inligting by www.vetplant.co.za