Events Calendar

Donderdag 14 September
• Bergsig (Calitzdorp) dip- en ontwurmingdag. Kontak Juanita by 044 213 3679/084 397 8287 of Karen by 044 213 3041/084 603 6393.
• Alzheimer Ondersteuningsgroep. Kom luister na Anieta Lombard van die Memory Clinic: Excellentis by die Bain Lavers saal, Millenniumpark om 15:00. Kontak Bets Wilkinson 083 419 4602.

Vrydag 15 September
NG-Kerk Oudtshoorn-Noord bied ’n “Grease”- hamburgeraand om 18:00 vir 18:30 aan in die kerksaal te Adderleystraat 201. R60 pp. Trek aan volgens tema. Navrae: Johannes en Lucia Barkhuizen by 082 298 2038.

Saterdag 16 September
Eljada Kairos Skool hou lentemark 08:30 tot 13:00 by die skoolterrein (oorkant polisiekantoor). Teetuin, roosterkoeke, pannekoeke en leerders se handgemaakte artikels. Navrae: 044 203 7600.

Sondag 17 September
Rocco de Villiers by Calitzdorp Kelder om 13:00.

Woensdag 20 September
Oudtshoorn Polisie Imbizo met inwoners van Sektor 3 en die middedorp oor misdaad en misdaad-tendense. Laerskool Laurus-skoolsaal om 18:00. Alle inwoners van sektor 3 en middedorp is welkom.

Donderdag 21 tot 24 September
Jaarlikse byeenkoms van skaalmodel-vliegtuigies by die Oudtshoorn Lughawe. Volwassenes R25, kinders R10. Kontak die Kango Vliegklub by 060 616 0318, e-pos info@cangoflyingclub. co.za of besoek www.cangoflyingclub.co.za.

Saterdag 23 tot 25 September
Calitzdorp Vetplantfees by die Calitzdorp Stasie. Kontak Buck Hemenway by 076 298 7337 of e-pos info@vetplant.co.za.

Vrydag 29 September
Wynand Du Toit by Headlines om 18:30 vir 19:00. Gratis, informeel.