Saterdag 29 Julie
4X4 Gesinsdag om 10:00 by die Oudtshoorn 4X4-baan. R150 per voertuig plus twee komberse. Skakel Daniel Smuts by 082 414 9937, Jacques Terblanche by 072 916 5990 of Werner Tomé by 082 904 2138.
Vrydag 4 Augustus
Douglas van Tonder tree op by Kuiertuin op Oudtshoorn ten bate van Animal Care Team (ACT) om 19:00. Kaartjies by die ingang beskikbaar teen R30 per persoon. Geen onder 18’s tensy vergesel deur ’n ouer. Ondersteun plaaslike talent en bring dierekos vir ACT. Vir navrae kontak die Kuiertuin by 082 388 2902.
Vrydag 11 Augustus
Calitzdorp Opera met Michelle Veenemans en Noël-Jean Creil by die Nederduits Gereformeerde Kerk te Calitzdorp. Formeel. Kaartjies R350, insluitend welkom-drankies, kanapees en ’n ligte vingerete. Kontak Erina by Calitzdorp Toerisme by 044 213 3775.
Vrydag 11 tot 13 Augustus
Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn. Meer inligting oor dié fees van klassieke musiek, kos en wyn en die volledige musiekprogram: www. klassique.co.za.
5 tot 13 Augustus
Die “Arts on Track”-kompetisie, met die tema “Myths and Legends” by die Calitzdorp Stasie. Inskrywings kan op www.calitzdorp.net gedoen word. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan info@calitzdorp.net.