Vrydag 7 Julie
Bottomless Coffee Band is in Prins Albert vir ’n fotografie-sessie en sal by The Showroom Theatre optree om 20:00. Lourens en Esté Rabé, multi-instrumentele duo van Kaapstad, het ’n liefde vir folk en blues-musiek en bring hulde aan legendes soos Johnny Cash, June Carter en Bob Dylan. Bespreek aanlyn by www.showroomtheatre.co.za of kontak 023 541 1563.
Saterdag 8 Julie
Die Pinkster Bet-el Kerk in Prins Albert hou verkope by Sipresstraat 416 vanaf 11:00. Visparcels, kerrievetkoek, ens. sal beskikbaar wees. Kom vroeg om teleurstelling te voorkom.
Sondag 9 Julie
Volmaanrit by The Showroom Theatre om 18:00. Kontak 023 541 1563.
Donderdag 13 Julie
ArtKaroo Galery bied aan die “Things to live by”-uitstalling om 19:00. Met werke van onder meer Thijs Nel, Janet Dixon, Susqya Williams, Francois Tiran, Ina Marx, Mariaan Kotze asook nuwe kunstenaars. Die uitstalling wil kuns verken in ’n tydperk van inligtingoorlading asook ekonomiese en ruimtebeperkings. Navrae: 044 279 1093.
Vrydag 14 Julie
Elvis Blue tree op by The Showroom Theatre om 20:00. Kaartjies beskikbaar teen R120. Bespreek aanlyn by www.showroomtheatre.co.za of kontak 023 541 1563.
• Prins Albert – Huis Kweekvallei Basaar te Huis Kweekvallei. Kontak kantoor vir enige navrae by 023 541 1626.