Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen ’n egpaar van Oudtshoorn wat tereg staan op 68 klagtes van bedrog waarby miljoene rande betrokke is, is in die Oudtshoorn Streekhof vir verdere verhoor tot 9 Oktober uitgestel.
Marthinus en Johanna Rabie word daarvan daarvan aangekla dat hulle tussen 2006 en 2008, op onwettige wyse tenders bekom en hulself daardeur verryk het tot nadeel van die begunstigdes.
Marthinus Rabie was ’n tegnikus van die Departement Landbou verbonde aan die Oudtshoorn Proefplaas, en sy vrou die eienaar van twee ontwikkelingsmaatskappye.
’n Voormalige senior tegnikus van die departement, Christopher Protopapas, het getuig dat hy uit sy eie aanvaar het dat die Rabies man en vrou is omdat dit nie so aan hom oorgedra is nie.
Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks.