Deur Garnett Wicomb
VIER mans van Rosebank, Oudtshoorn wat na bewering ’n Somaliër aangerand en beroof het, het vlugtig in die Oudtshoorn Streekhof verskyn.
Die vier, Bradley Overberg (19), Jerome Witbooi (18), Ronaldo Wakies (18) en Andrew Wayne Tiemie (25), het na bewering vir Tariku Himbelo met klippe gegooi en geskop, van R4 500 kontant, ’n selfoon en sy rybewys beroof en ook sy motor met klippe beskadig.
Hulle staan tereg op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, opsetlike saakbeskadiging en versuim om hof by te woon. Die saak is deur streeklanddros Retha Pretorius vir verdere ondersoek tot 10 Mei uitgestel.
Die verdagtes bly in aanhouding.