Die Wes-Kaapse Gemeenskapskas het verlede week in samewerking met die Oudtshoorn Munisipaliteit verskeie produkte soos babaroom en baba-afveelappies aan verskeie kleuterskole oorhandig – volgens alle aanduidings die begin van ’n positiewe vennootskap tussen die Gemeenskapskas en die munisipaliteit. Hier by die oorhandiging is voor van links Belinda Mugwagwa (projekbestuurder Wes-Kaapse Gemeenskapskas), Joan Daries (progambestuurder Wes-Kaapse Gemeenskapskas), onder-burgemeester Noluthando Mwati en Sarie Suman (voorsitter ECD Forum). Agter van links staan Katy le Roux (Katterjakkertjies Voorskool), Monica Nombande (Happy Feet Toddlers), Marcia Bennie (Die Rakkertjies), Cathleen Hendricks (Die Rakkertjies), Marilyn Blaauw (Sonneblom Kleuterskool), Esmeralda Mombande (Happy Feet Toddlers), Anita Oktober (Bridgton Chréche) en Ewa Fortuin (raadslid). Heelagter van links is raadslede Hendrik Ruiters, Raymond Wildschut, Derek Daries van die Gemeenskapskas, burgemeester Colan Sylvester en raadslid Pat Wagenaar. Foto: Liesel le Roux