Vrouwees bespreek by dié Vrouedag

Welbeplan Plase het vroeër die maand ’n baie geslaagde Vrouedag op die plase aangebied waar die vroue lekker geëet en gekuier het. Die besoekers wat die vroue toegespreek het, was van links susters Cupido, Maritz en Booysen, Ankia Smith, Pamela Loggenberg en suster Reagan Booysen. Cupido en haar span het met die vroue oor die eerste 1000 dae van ’n baba se lewe gepraat en Smith en Loggenberg van Famsa oor die waarde van vrouwees. Die dames het die oggend baie geniet en het na die toesprake lekker geëet en gekuier.  Foto verskaf