Doen jou deel vir die diere
MOENIE jou oor Saterdag se middagete bekommer nie!
Die Oudtshoorn-dierewelsyngroepe Oudtshoorn Volunteers en die Animal Care Team (ACT) bied ’n heerlike fondsinsameling die middag aan met ’n soet kerrie en rys-ete teen slegs R35.
Die opbrengs van die ete gaan vir Oudtshoorn se eerste dieresterilisasie-uitreiking, bekend as die Spay-a-Thon, later vandeesmaand. Daar gaan gepoog word om op 23 en 24 Mei 100 diere te steriliseer om so aanwas te beperk.
Die etes kan tussen 12:00 en 14:00 afgehaal word by Jan van Riebeeckweg 225B, Oudtshoorn.
Kaartjies is te koop by die Kango Dierekliniek (hoek van Langenhovenweg en Bloemstraat) en The Sign Shop in Kerkstraat (langs Boerehandelshuis).
Rig navrae aan Lee-Ann: 083 334 0172; Elmarie: 082 498 0177 of ACT: 076 5445 934.