So lyk dit nou – waterwys verfraai vir ’n Klein Karoo-dorp!

Die verhaal hoe ’n paar vroue van Oudtshoorn met ’n bietjie hulp begin het met ’n projek om die dorp se vervalle verkeers­eilande en ingange ’n nuwe voorkoms te gee – een wat gepas is in ’n droë halfwoestyn-dorp soos Oudts­hoorn, word hier in foto’s vertel. Die eerste eiland wat die vroue getakel het, is by die Calitzdorp-ingang by die inligtingsborde.

Nou: Die verkeerseiland soos dit nou daar uitsien nadat drie boom-aalwyne daar geplant is (twee uit inwoners se tuine geskenk vir die projek), en die eiland afgerond is met plante en klippies. Met ’n laag verf oor die stene deur die munisipaliteit, kan die eiland nog beter daarna uitsien. As daar nog inwoners is wat ’n eiland wil “aanneem” en verfraai, kan jy jou naam en kontaknommer deurgee aan Die Hoorn (044 272 5605) en ons sal jou naam deurgee. Foto: Schalk le Roux

Tydens: Elmarie Lategan (links agter) en Ronelle Louw, twee van die dryfvere agter ’n informele projek om die dorp se ingange, verkeerseielande en uiteindelik ook oop ruimtes te verfraai, verlede week saam met hul tuinwerkers, Nico Meyer (links sittend), en Jan van Wyk. Foto: Liesel le Roux

Vooraf: Die eiland twee weke gelede. Foto verskaf