Niel Els (agter), president van Skål Suid-Afrika en raadslid van Skål Internasionaal, saam met (van links) Bernhard Obermair, Skål-lid van Salsburg, Oostenryk, sy vrou Gabi, sekretaris van Skål Oostenryk, en Pam Snyman, president van Skål Garden Route. Skål Oostenryk het tydens ’n Skål-geselligheid gister by Turnberry Boutique Hotel R40000, wat hulle ingesamel het ten bate van Knysna-brandslagoffers, aan Skål Tuinroete oorhandig. Tydens die geselligheid wat middagete ingesluit het, is eg Afrikaanse en Suid-Afrikaanse geregte soos onder meer murgbeen, paptert en Malva-poeding aan die gaste voorgesit. Die geselligheid is bygewoon deur 60 Skål-lede van die Tuinroete, Klein Karoo, Oostenryk, VSA en Indië. Foto: Schalk le Roux