Samaritaan reik uit na vroue op Vrouedag

Dié groep vroue van Ladismith is op Vrouedag vanjaar soos ko-ninginne behandel deur Suster Petro Julies (agter tweede van links).  Foto: Deon Meyer

Deur Deon Meyer
SUSTER Petro Julies het op Vrouedag dit wat sy het, met ’n groepie vroue van Nissenville, Ladismith gedeel en hulle spesiaal laat voel.

Uit eie fondse het sy die vroue by haar huis in Blythstraat iets laat ervaar waaraan hulle nie gewoond was nie.

Geen moeite is ontsien om haar woning in ’n klein paleisie te omskep nie.

’n Smaaklike ete is saam met inspirasieboodskappe opgedis.

Suster Petro verduidelik so waar­om sy die vroue na haar huis genooi het.

“Vroue word soms deur die lewe verstoot. Maar ek is soos ’n Bybelse Deborah uit­ver­kies om juis hulle self­beeld op te bou sodat hulle hul plek as die koninginne in hul huise kan volstaan.”

Vroue het die dag die waardes van nede­rig­heid en omgee ervaar. Hulle is ook ingelig oor hoe om hulle weerbaar te maak teen mishandeling deur mans.

Een van die vroue, Naomi Kennel, vertel so oor die besonderse dag: “Toe ek ’n uitno­diging by ons eie Moeder Teresa (suster Petro) gekry het, het ek so spesiaal gevoel.

“Sy het ons vandag so geïnspireer dat niemand van ons wat haar werf betree het, dieselfde terug huis toe gegaan het nie.”