Die Oudtshoorn Polisie het Maandagoggend Kinderveiligheidsmaand geloods en by ’n padblokkade pamflette versprei oor fisieke en seksuele mishandeling, geslagsgebaseerde geweld en wenke aan ouers. Ook by die padblokkade was lede van Korrektiewe Dienste, die Department van Maatskaplike Ontwikkeling, die ACVV, Kindersorg, die Gemeenskappolisieforum (GPF) asook die munisipale en provinsiale verkeersdienste. Bongolethu Primêr is ook besoek waar oor gevare soos dwelms, geweld en dissipline gepraat is. Tydens die komende maand sal op skole en voorskoolse groepe gefokus word om kinders bewus te maak van gevare waarmee hulle moontlik te doen kan kry. Foto verskaf