Lede van NGO’s en staatsinstansies wat die jaarlikse dankdiens van die Oudtshoorn United Congregational Kerk Sondag bygewoon het, is voor van links Karin April (Sendingraad), mnr Pietersen (Korrektiewe Dienste), Denise Campher (diaken), Enrique Pietersen (skoolhoof, Colridge Primêr), Dial Swarts (hulpsekretaris), Petrus Esquire (ouderling) en Mercia Human (Sendingraad-voorsitter). Middel van links is Apools Gertsen (ouderling), Shefi Wicomb (Kansa), Helen Human (adjunkdirekteur verpleging), eerw Johannes Muggels, Dorothea Avontuur (waarnemende hoof Eljada Kairos Skool), Geraldine Prins (Eljada Nasorg) en Sielie Williams (diaken). Agter van links Jan Afrika (diaken), Edmund Fortuin (kassier), kol Lategan, Anjelo Booysen (EMS Metro-ambulansdienste), Aubrey Afrika (diaken), Margaret Damons (Kansa), Caroline Jansen (Eldery & Disabled Persons) en Harriot Strydom (diaken). Foto: Wyndham Ewerts
Deur Wyndham Ewerts
DIE jaarlikse dankseggingsdiens van die Oudtshoorn United Congregational Kerk wat die afgelope Sondag plaasgevind het, het ten doel om dienslewerende instansies te bedank vir wat hulle vir die dorp en breë gemeenskap doen. Tydens die diens is ook kerse aangesteek ter herinnering aan diegene in diens van die organisasies wat die afgelope jaar gesterf het.
Die burgemeester van Oudtshoorn, Colan Syvester, was’n gasspreker by die diens. Hy het organisasies bedank vir hul onbaatsugtige diens wat dikwels onder moeilike omstandighede gelewer word. Hy het ook sy misnoë daaroor uitgespreek dat staatinstansies soos die SAPD en diegene in die verplegingsorg deesdae n teiken is vir geweldadige aanvalle. “Hierdie tipe barbaarse gedrag is onaanvaarbaar as ’n mens in ag neem dat dit juis hierdie instansies is wat die gemeenskap moet beskerm en medies moet versorg.”
• Die Oudtshoorn UCC bied Saterdag ’n 5 km-pretdraf aan as deel van die kerk se 180ste jaar wat in Maart 2018 gevier word. Inskrywings kos R20 (onder 18) en R30 vir volwassenes. Dit sluit ’n worsrolletjie en sappie in na die wedloop. Belangstellendes kan 08:00 die oggend aantree by die Oudtshoorn UCC-kerkperseel in Jacobsonstraat.