TWEE mense van Oudtshoorn is by die polisie as vermis aangemeld.
Jonathan Thys (43) word sedert 26 November vermis. Hy was geklee in’n grys broek, wit golf-hemp en blou Adidas-tekkies.
Enige persoon wat inligting het waar Jonathan hom bevind, kan sers Pinkie Ntongana skakel by 044 274 4400 of 083 533 4928.
Lenie Arries (69) van Oudtshoorn word sedert 1 Desember vermis.
Sy is laas in Afrikanerhof in Bridgton gesien en was geklee in ’n kakiebroek, langmou-kakiehemp en swart tekkies.
Enige persoon wat weet waar Lenie haar bevind, kan ao Karin Meyer skakel by 082 587 9359 of 044 274 4400.