77 hekel- en breigeesdriftiges van Oudtshoorn en omgewing het Saterdagmiddag by ’n koffiewinkel in die dorp bymekaargekom om Internasionale Hekel- en Breidag te vier. Patrone, nuwe steke en produkte is bewonder en uitgeruil. Dit was die tweede keer dat dié geleentheid op die dorp gevier word. Deleze van der Walt, een van die organiseerders, sê dit is deesdae “cool” om hierdie vaardighede te hê. Hier van links is Betz Wilkinson, Marie Nel, Deleze van der Walt, Ninnie Visser, Helene Lourens en Suzi Cromhout. Inlas: Jenny Blacquire en JP Ellis, die enigste doring tussen die rose, wat sowat ’n jaar gelede begin hekel nadat ’n vriendin hom gewys het hoe. Daarna het hy meer geleer met You Tube-videos en is tans besig met ’n ingewikkelde 3D-patroon! “Ek hekel graag omdat dit vir my terapeuties is,” sê hy. Foto’s Angelique Erasmus
