Eljada ontvang welkome skenking van ATKV

Tydens die oorhandiging is, van links: Suzette Basson en Annalene van Wyk (ATKV), Gerda Swart (Bestuurder van Eljada), Suzanne Ongansie (ATKV) en Adri Odendaal (Eljada). Foto: Hannes Visser

DIE ATKV-tak op Oudtshoorn het verlede Donderdag, 15 Mei, ’n skenking van R6 000 aan Eljada Nasorgsentrum vir volwassenes oorhandig.

Volgens Suzette Basson, voorstitter van die plaaslike ATKV-tak het hulle ’n dans met die musikante Christo en Cobus in die banketsaal gehou ten bate van Eljada. Adri Odendaal, wat fondsinsameling vir Eljada doen, het die skenking ontvang.

Gerda Swart, bestuurder van Eljada, het gesê ondersteuning van organisasies soos die ATKV, besighede en inwoners van Oudtshoorn is vir hulle van onskatbare waarde. Eljada verskaf versorging en inwoning aan bykans 100 volwassenes met gestremdhede. (HANNES VISSER)