Elize Barnard (links, vakadviseur op Oudtshoorn) ontvang ’n bos blomme van Marisa Lindeque, maatskaplike werker van Kring 6 van die Eden Sentraal Karoo Onderwysdistrik tydens haar afskeid op 23 Augustus by die Surval Boutique Olive Estate. Barnard was ’n dosent aan die destydse Onderwyserskollege Suid-Kaap tot die sluiting van dié kollege in 1996, en is daarna oorgeplaas na die Onderwysersentrum in Oudtshoorn en later aangestel as Vakadviseur: Grondslagfase. Kollegas het haar geloof as ’n onderwysleier wat op ’n stil, menslike manier ’n groot bydrae gelewer het om die gesyferdheids- en geletterdheids-vlakke van leerders te verbeter. Foto Higgo Jacobs