Marissa Faku, matriekleerder van Fezekile Sekondêr op Oudtshoorn, saam met haar Afrikaanse onderwyser, Geraldine Visagie, in Kaapstad, nadat sy die derde plek behaal het tydens die Eden Sentraal Karoo Onderwysdistrik se jaarlikse Onderwêreld-lees-en-dink-kompetisie en deurgedring het na die finale rondte in Kaapstad. Hier was sy ook derde. “Ek is ongelooflik trots op Marissa. Sy is ’n ster-leerder, ’n ywerige leerder. Sy praat min maar vermag baie. Sy het ’n blink toekoms en gaan nog ver kom in die lewe” het Visagie laat hoor. Foto Verskaf