Driehoek-muur kry ook nuwe baadjie!

Voorheen

Gister

Oudtshoorn se inwoners gaan voort om inisiatief te neem om die dorp te verfraai, in so ’n mate dat dit al nuusberiggewing buite die dorp se grense haal! Dié muur by die driehoek buite Oudtshoorn waar die pad verdeel na Mosselbaai en Calitzdorp, was die afgelope jare ’n seeroog van verwaarlosing, soos die foto heelbo wys (foto verskaf). Nou het AfriForum Oudts­hoorn ingegryp om die muur te laat verf en en die kaart tot vroeëre glorie te herstel. So het die muur teen gister gevorder. Foto: Liesel le Roux