Die Vryburgers maak skenking aan ACVV se Tuishuis en Gottlandhuis

Die Vryburgers van Oudtshoorn het 1000 weggooibare voorskote, 1500 pare weggooibare handskoene in verskillende groottes en 55 liter handsaniteerder met 70% alkohol aan die ACVV se Tuishuis en Gottlandhuis op Oudtshoorn geskenk. Die skenking is deur Hendri Calitz (regs), stuurman van Oudtshoorn Vryburgers, oorhandig aan Elsabe Kelder (middel) van Tuishuis en Gottlandhuis. By hulle is David Meyer tydens die oorhandiging. Nadat die Vryburgers verneem het van ’n behoefte aan persoonlike beskermende toerusting by die twee tehuise weens die Covid-19-pandemie het hulle met die ACVV-bestuur vergader en verneem wat hul dringendste behoeftes is. United Paints het ook 650 weggooibare maskers geskenk en die toerusting waaraan daar ’n behoefte was teen spesiale pryse aan die Vryburgers verskaf. Sodoende kon meer toerusting aan die ACVV-tehuise geskenk word. • Die Oudtshoorn Vryburgers bied ook Saterdag (17 Oktober) hul jaarlikse gholfdag aan. Almal is welkom om die dag saam te kom geniet. Inskrywings kan nog by die gholfklub gedoen word voor môreaand (Vrydag) om 18:00. Die spanne se trekking geskied Saterdagoggend en die afslaantyd is om 12:00 met ’n “shotgun start” en die formaat is “American Scramble”. Die opbrengs van die gholfdag sal aangewend vir die Vryburgers se nasionale projek Kos vir Kinders asook vir die Oudtshoorn Rotariërs se Lighuisprojek om leerders smiddae ná skool te ondersteun.

Be the first to comment on "Die Vryburgers maak skenking aan ACVV se Tuishuis en Gottlandhuis"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*