’n Groot groep kinders het op Mandeladag fluks gehelp om rommel op te tel in die omgewing van Die Lighuis, ’n naskoolsentrum in Bridgton wat ondersteun word deur die Oudtshoorn Vryburgers. Hier van links is Katelyn Fortein, Ronel Maart en E-jay Sederstroom aan die werk. Die Lighuis het sy derde verjaarsdag op Mandeladag gevier.
Foto: Christine Schoeman