Kol Chris Marnewick, wat die stasiekommissaristrofee ontvang het, en brig Lavona Januari, stasiekommissaris. Foto: Rudy van Heerden
’N GROOT groep wenners is vanjaar tydens die Oudtshoorn SAPD se jaarlikse Prestasietoekenningsaand op 12 Junie deur brig Lavona Januari, stasiekommissaris van Oudtshoorn, vir hul harde werk vereer.
By hierdie geleentheid word lede in verskillende kategorieë vereer vir hulle harde werk. Januari het gesê hoewel almal nie toekennings kan ontvang nie, wil sy almal vir hulle harde en goeie werk bedank.
Die wenners in die verskillende afdelings was: Gestremde persoon van die Jaar: ao Jakes Jacobs;
Reservis van die jaar: reservis-sersant Marlin Maasdorp; Man van die jaar: sers George Wolmarans; Administratiewe groep van die Jaar: Bestuursinformasiesentrum; Vispol-werknemer van die Jaar: sers Anthony Witbooi en ao Werner Erasmus; Admini-stratiewe werknemer van die jaar: Emma Manuel en kapt Beverley Booysen; Speurdergroep van die jaar: Ekonomiese groep; en Speurder van die jaar: sers Sharon Flemmer.