Foto van die Week: 26 Junie 2026
Visvang in die lusernland. Ná die baie reën en vloede in die Klein Karoo die afgelope maand, is dit altyd ’n bemoedigende gesig om die goue rand om die donker wolk te sien. Een van die inwo-ners van Kleynspoort vang heerlik vis in ’n lusernland op die plaas, De Denne. Deur die boot te gebruik is dit ook nader aan die huis, wat baie geriefliker is as om na die rivier toe te stap.
Foto: Ebon le Roux