Drie toptoekennings vir Seeff Oudtshoorn

Verlinde een van topdrie prinsipale landwyd
Die bekende sakeman en inwoner van Oudts­hoorn, Stefaan Verlinde, met van die toekennings wat hy by Seeff se onlangse Nasionale Konferensie ontvang het. Hy is onder meer bekroon vir sy prestasies as prinsipaal van Seeff Oudtshoorn.  Foto verskaf

SEEFF OUDTSHOORN het drie toppryse losgeslaan tydens Seeff se Nasionale Konferensie op 28 Mei 2019 by die Arabella Gholf- en Wynlandgoed in Hermanus.

Tydens die spoggeleentheid is Stefaan Verlinde, prinsipaal van Seeff Oudtshoorn, uit 215 kantore landwyd aangewys as Seeff se Top 3 Prinsipaal van die Jaar!

Dit is ’n besondere groot eer vir Verlinde en vir Seeff Oudts­hoorn.

Seeff Oudtshoorn is ook as die wenner aangewys van nog twee toppryse, naamlik vir:
• Meeste Eiendomme Verkoop – Region 5;

• Top-prinsipaal van die Jaar – Region 5.

’n Trotse Verlinde het tydens sy toespraak by die Nasionale Konferensie gesê dat hier­die prestasies nie behaal sou kon word sonder sy toegewyde en top- gekwalifiseerde personeel én die ondersteuning van die publiek nie.

Met sy terugkeer op Oudtshoorn het sy personeel hom baie opgewonde en met groot trots met ’n bottel vonkelwyn verwelkom.