Riooldam

Foto verskaf

’n Mitsubishi Pajero het Saterdagoggend in die riooldam by die Oudtshoorn Rioolplaas beland en is die middag deur ’n munisipale voertuig met ’n hyskraan uit die dam, wat verskeie meters diep is, gelig. Na verneem word, wou die bestuurder katte gaan aflaai by die diereskut langs die riooldam en het sy voertuig teen die afdraand na die dam begin loop nadat hy uitgeklim het. Hy het die voertuig probeer keer en het saam met dit in die dam beland toe die voertuig se wiel die damwal getref en glo bollemakiesie geslaan het. Die man is vir mediese behandeling na ’n hospitaal geneem. Die polisie ondersoek geen saak nie.